Sunday, November 29, 2015

Kerssangdiens - Deo Gloria Rockingham

Ons het vanoggend ons gemeente se Kerssangdiens gehou, voor mense begin vertrek na RSA of ander vakansie bestemmings. Die kinders was ook betrokke en dit was, soos altyd, 'n hartverblydende diens.

Ons was vroeg-vroeg op om Eugene se "costume" te maak, en hy het oulik gelyk! Ma het die stikwerk gedoen, en ek het net met die ontwerp (daar was borde betrokke?!) en Elna press gehelp :-)