Sunday, September 25, 2016

Langnaweek - Rus, rus en nogmaals rus...werk raak net te wild op die oomblik.

Ja, dinge gaan woes by die werk, maar ons moet maar deurdruk. Ons het langnaweek hier en die plan is net rus, en nogmaals rus. Gister was rustig (Sandri kon nie kom kuier nie) en Karin het piesangbrood gebak en toe braai ons sommer vir middagete. Lekker, maar ysig koud buite!

Vanoggend was kerk, en ek was aan video-diens. Net een klein tegniese foutjie gemaak, maar alles het goed gegaan. Na kerk het ons gou gaan koffie drink en stukkie koek geeet in Leederville, en lekker kuiertjie saam Greg en Briar ook gehad.

More is laatslaap (as ons kan) en "blom". Ek wil sommer middag-slapie ook vang. Slegte nuus is dat Karin reeds vroeg bed toe is met 'n seer keer. Oh no!! Hier gaan ons alweer!

Karin meng die deeg vir die piesangbrood.

Karin mors nie as sy bak nie; sy is 'n blur sy werk so vinning!

Mmmm!

This is what happens when an older sister photographs her younger brother....

'n Vleisie om die hongerpyne te stil terwyl ons footy kyk (Giants vs Buldogs).

Kyk tot footy as ek buite die vleis draai (dit was koud!).

Kerk vanoggend en dominee seen die gemeente.

Leederville #1

Leederville #2

Leederville #3

Die arme baby; sy't ons nie baie gesien vandag nie, arme liefie!