Saturday, August 24, 2013

Lekker braai by die Ludick familie (first iMac post)

Wat 'n lekker dag in Perth! Vandag was 26 grade, sonnig en net great. Karla-hulle se netbal span het 60-21 gewen en toe het ons daarna lekker gaan kuier en braai by Andre en Sonja-hulle. Vleis was lekker, die koek nog lekkerder en dan nog klip-en-coke ook! Dankie julle en hoop Sonja voel gou beter.


Net voor ons die pad gevat het Joondalup toe...dis Rusty se gunstelling slaap plek.

Soutgat!

Ons lieflike vroue! Ons is darem lucky gewees, of hoe?!



Sanchia en Geno op die trampoline. Hy was binne 5 minute oppad huistoe al in Lala-land.


KONSENTRASIE! Andre het ook heelwat foto's geneem.

Rusty by sy "favourite" :-)