Saturday, October 10, 2015

Omgeegroep, nou gaan ons braai!

Na 'n wille week by die werk was dit lekker om gistraand 'n klomp van ons nuwe vriende oor te he vir 'n braai. Die twee Weber's het soortvan by-gebly, en die vuurtje later in die aand, die perfekte weer en afwesigheid van mozzies was great. Danie Ka vir al jou moeite deur die dag X.

Ons was almal lekker honger! Ons het net gebid, en sekondes later begin wegle!


Steak, boerie en Amelia Park lam, mmmm!

....al daai slaai was 'n eye-blind. Hy het net die vleis geeet :-)

Die eetkamer tafel het al baie, baie kuier-mense om hom gehad.
Ons is dankbaar dat die Here ons almal so aanhoudend seen, met ons "ou" en nuwe vriende (familie).

Lekker vol.

Nickey vertel kamp-stories, en van 'n tent sonder pale...funny!

Al wat 'n mens nodig het op 'n Vrydagaand.

Scheepers en Elize geniet die vuurtjie se hitte.